Elke uur ontvang ‘n gesin in Suid Afrika die hartverskeurende nuus dat ‘n geliefde met bloedkanker gediagnoseer is. Ongelukkig sal baie van hulle sonder ‘n bypassende stamselskenker sterf.
Maar daar is hoop! As ons ‘n bypassende skenker kan vind, kan hul lewe gered word. Pasiënte soos Bianca Pretorius (26) het jou nodig!
Gediagnoseer met akute myeloïde leukemie, Bianca benodig 'n bloedstamseloorplanting. Daar is tans geen bypassende skenker vir haar op ons register nie. Dit kan jy wees, registreer asseblief nou!